HOME
Who
Aims & Objectives
History
Milestones
Achievements
Office Details
FARR News
Farr Team

 

Where does FARR Work?

 

FARR Training Academy

 

FASD
Fas?Afrikaans
Fas? English
Info
FASD Knot

 

Research Library
Help Assist
Partners
Contact FARR
 
 

                        

 

PERSVERKLARING : VROUE OGGEND

 

DATUM:  28 Februarie 2011

 

FAS is die grootste enkele oorsaak van verstandelike vertraging in die wêreld,  maar ook die mees voorkombare !

 

Fetale Alkoholsindroom kom in enige gemeenskap voor.  Dit word veroorsaak deur die swanger vrou wat alkohol gedurende swangerskap gebruik.  Die alkohol kan enige orgaan van die ongebore baba beskadig, maar die vinnig-ontwikkelende brein is veral baie weerbaar.  Kinders met FAS word dus gebore met onomkeerbare orgaan- en breinskade.  Die effek van sodanige skade is dus lewenslank en het verrykende gevolge op die lewe van die individu met FAS, sy gesin en die breë gemeenskap. 

 

FARR (Foundation for alcohol related research) en FAITH FUND (Die Beyers Truter Fetal Alcohol Syndrome and Interrelated Treatment Help) beplan omgee-dae vir vroue met die klem op voorkoming van FAS. 

 

SA het tans die hoogste gerapporteerde voorkomsyfer van FAS in die wêreld. 

 

FAS en alkoholmisbruik is sensitiewe onderwerpe, maar dit is van uiterste belang om die bestaande probleme te erken in ons samelewing  en dit op ʼn georganiseerde wyse aan te spreek.  Die FAITH FUND en FARR aanvaar hierdie uitdaging, maar kan dit nie alleen doen nie. 

 

Ons nooi u as gemeenskapsleier, belangstellende, gesondheidswerker om n inligtingsessie by te woon by Beyerskloof om die pad vorentoe saam met ons te loop. 

Tyd:  9h30 vir 10h00

Datum:  Saterdag, 26 Maart 2011

Waar:  Beyerskloof konferensielokaal,  R304.

RSVP:  Laat weet vir Ina Viljoen voor 23 Maart of jy gaan bywoon deur e-pos te stuur na kershoff@mweb.co.za vir spysenieringsdoeleindes.  

Ina Viljoen
Tel: (021) 930-1726
Sel: 0834634090
Faks: 086 689 9319
e-pos:  kershoff@mweb.co.za

 

 

Contact Information

Telephone:  +27 (0) 21  686 2645 /6/7

Fax:  +27 (0) 21  685-7034

Postal address

          37 Thornhill Road, Rondebosch, 7700, South Africa
 
Electronic mail
CEO : Leana Olivier
 

Send mail to Webmaster with questions or comments about this web site.
Copyright © 2010 Farr
Created: March 03, 20
11.